Die Santas verwelkom ‘n nuwe lid

Die D.D Santa stoet van Danie Hills is geleë tussen Lichtenburg en Koster in die Noord-Wes provinsie, waar Danie Hills, sy twee seuns en dogter boer en ‘n Santa stoet bedryf.

Dit is ‘n gemengde boerdery wat bestaan uit ‘n melkery, besproeiing, graanproduksie, voerkrale, kommersiële vleisbeesproduksie en die D.D Santa stoet.

D.D Santa stoet droom het in 2014 begin nadat ‘n ruiltransaksies plaasgevind het waartydens dragtige Ayrshire verse vir dragtige Santa verse, afkomstig van John Chambers van Vredefort, geruil is. Die stoet is toe amptelik geregistreer in Februarie 2020.

Volgens Danie presteer die Santa verse uiters goed op die klipveld, en behou hul kondisie in die droë sowel as nat seisoene. Die Santa speenkalwers het ook beter gewig opgetel as ander rasse en ook swaarder

 as ander rasse gespeen vanaf die veld.  Santa kalwers het ook beter gewig in die voerkraal opgetel as hulle tydgenote.

Nadat daar met die Santas geëksperimenteer is, het dit duidelik geword dat die Santas aan al ons behoeftes voldoen vir suksesvolle en volhoubare vleisbeesproduksie. Na afloop van die suksesvolle eksperiment is daar toe bulle van  Santarust en Kleynhansvelde stoete aangekoop om die stoet uit te brei.

Nuwe telers vir 2020/2021

 

TELER      DATUM AANGESLUIT STOET NAAM DORP PROVINSIE 
DANIE HILLS 2020-02-01 D.D Santas LICHTENBURG NOORD WES
CHRIS DERKSEN 2020-03-01 TRIPLE C BLOUBERGSTRAND WES KAAP
JACQUES HOFFMAN 2020-09-01 AYLESTONE NELSPRUIT MPUMALANGA
JACO VAN BILJON 2020-10-01 ELLJARDUS VILJOENSKROON VRYSTAAT
2021
PIETER JACOBS 2021-01-01 PERFEK. JA AMERSFOORT MPUMALANGA
JACO LUBBE 2021-01-01 LADICO LICHTENBURG NOORD WES
SHELDON DARLOW 2021-01-01 SANTA GRAY GRAHAMSTOWN OOS KAAP

 

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *