JOCHARL Santa Gertrudis Stoetery

Deur Barry Purdham

‘n Legende in die stoetbedryf.
Geskiedenis van die stoetery..

Johann se Oupa, Charl, het die plaas Doornbult in die Delareyville distrik , in die eerste helfte van die vorige eeu gekoop.

Oupa Charl het ‘n skool op die oewer van die Brakrivier begin, en het in die Anglo – Boereoorlog gaan veg. Hy is as krygsgevange na Ceylon in Indië gestuur. Na sy terugkeer het hy die skool heropen en mettertyd die plaas Doornbult gekoop.

Johann se pa, Charles, het later die boerdery oorgeneem, maar is oorlede toe Johann net 15 jaar oud was. Johann het gaan studeer by die Potchefstroomse Landboukollege en het toe die boerdery oorgeneem. In 1975 het Johann besluit om met beeste te boer, en het gedink om met Simmentaler beeste kommersieel te teel. Hy het baie navorsing gedoen oor die verskillende rasse, en het toe uiteindelik besluit om met  Santa Gertrudis te boer.

In 1980 kom die Jocharl stoetery tot stand, met die aankoop van vroulike diere by Jan Botma, Piet Nel en Jeff Botha aangekoop is. Die eerste stoetbul wat aangekoop is, was Locklore Atomos 79/55. Atomos was die seun van Locklore Caesar, die 1978 Nasionale Kampioen Bul tydens die Royal Skou in Pietermaritzburg. Twee ander stoetbulle wat ‘n reuse impak op die stoet gemaak het was Toffie Appel HB 82/42, en Sombrero Jeff. Die twee stoetbulle het die fondasie van die Jocharl gelê, en hulle nageslag kan in menigte stoete vandag nog gesien word. Vele ander stoetbulle, te veel om op te noem, was ook gebruik en in 2012 het Johann semen van die welbekende Australiaanse bulle, Dangerfield Tornado, Dangerfield Second – to -None, en Gyranda Crackerjack ingevoer.

Die Santa Gertrudis genootskap het onlangs ‘n lys opgestel van 50 bulle wat die grootste invloed binne die ras oor die jare gehad het en sewe van Jocharl se bulle is op die lys.

Johann en Bertie bied hul eerste produksieveiling genaamd ” Die Veiling van die Jaar” in 1994 aan. Die veiling is op Doornbult gehou en was ook op SABC TV gebeeldsend. Op die veiling het Koos Lock die duurste bul op die veiling gekoop vir R31 000. ‘n Baie hoë prys vir daardie jare.

Jocharl gallery

 

Hier is ‘n paar hoogtepunte van oor die jare:

  • Johann was ‘n raadslid vir baie jare en ook president van die genootskap in 2001.
  • Johann het van 1982 tot 2004 aktief geskou, verskeie skoue landwyd waaronder Die Randse skou, Vryburg en Bloemfontein om slegs ‘n paar te noem.
  • Hy het 23 agtereenvolgende jaarlikse produksieveilings aangebied- ‘n rekord vir alle rasse.
  • In 2012 woon hy die agtste Wêreld kongres in Brisbane Australië saam met sy seun by.
  • Op die 1998 Vryburg Skou het Johann die meeste punte ingesamel.
  • 1998 Vryburg Skou – Groot Kampioen Bul en Groot Kampioen Koei en Naaswenner van die Goue Beker.
  • Hulle oudste seun, Charles, het ‘n Honneurs graad in Ekonomie gekry, maar is in 2003 tragies oorlede in ‘n motorongeluk.
  • Johann de Wet, hulle tweede seun, is ‘n Dermatoloog en ook ‘n in Stellenbosch. Dr De Wet het ook ‘n Mohs mikrografiese chirurgie kwalifikasie deur die Amerikaanse Vereniging van Dermatologiese Chirurgie voltooi en maak hom een van slegs 7 Mohs chirurge in Suid-Afrika. Hy is getroud met Nanda, en het twee seuns.
  • Naude, hulle derde seun, is ‘n bourekenaar, en woon in Pretoria.

 

Die Jocharl Santa Gertrudis stoet is ‘n legende binne die ras en ons bedank Johann en Bertie vir die rol wat hulle gespeel het om die ras op die wêreldkaart te plaas. Hul toewyding en lojaliteit sal altyd onthou word en ons vertrou hul volgehoue betrokkenheid by die ras sal nie verlore gaan.

Ons salueer julle.

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *