Veeplaas Blouskool Santa Gertrudis

Senior Vleisbees Groepsklas Johan Visagie, Conrad Rossouw, Arno Swart

“BLOUES SE TOEKOMSREIS MET DIE SANTAS”


AGTERGROND:

Die projek het in Oktober 2016 afgeskop waartydens die Blouskool nege verse ontvang het vanaf die genootskap in samewerking met Veeplaas. Die Blouskool was van voorneme om die kudde so vinnig as moontlik uit te brei en het gevolglik ses koeie in November 2016 aangekoop op die veiling van Stanley Robertson. Vier van die koeie het kalwers gehad en die ander twee was dragtig. Ses van die nege verse wat ontvang is, was dragtig en het gekalf in 2016/2017. Die skool kon na vele pogings nie daarin slaag om die ander drie verse dragtig te kry nie en is die drie verse met die toestemming van die genootskap in Julie 2018 verkoop. Een van die nie-dragtige verse wat verkoop is word in 2018 vervang met ‘n vers vanaf Johan Havemann teen ‘n baie spesiale prys.

ADDISIONELE SKENKINGS:

Anton Muller skenk gedurende 2017 ‘n koei.
Dr Hennie Nel en Louise Patterson skenk ‘n vers in 2019.

DEELNAME EN PRESTASIES:

Blouskool was en is nog steeds aktief betrokke by die Jeugskou. Die geskenkte diere het daartoe bygedra dat die skool nou met kwaliteit diere kon skou. Die kinders was gretig om deel te neem en moes vele van hulle van die hand gewys word omrede ons nie al die getalle kon akkommodeer vir deelname aan landbouskoue, jeugskoue en die Alfa Expo nie.

2017: Die begin van vele hoogtepunte vir die kudde:

  • ‘n Sesde plek word behaal met LL140010 tydens die Nasionale Kampioenskap te Bloemfontein.
  • Tydens die Alfa Expo wen Blouskool die Interras kompetisie en ontvang hulle die wisseltrofee vanaf die Departement Landbou Ekonomie van die Vrystaatse Universiteit vir die beste bestuur en rekordhouding van kuddes wat betrokke is by die Veeplaas skole-projek.
Vertoner: Ané Kleynhans

 

2018: Veeplaas Blouskool Santas bou voort op hul prestasies en neem deel aan verskeie landbouskoue en jeugskoue:

  • VBS 170001 behaal ‘n tweede plek vir bulkalwers (12 – 14 maande) tydens die Vryburg skou.
Vertoner: Gerhard van Zyl
Beoordelaar: Franco Koch
  • VBS 170001 behaal ‘n tweede plek tydens die Bloemskou in die ouderdomsgroep van 15 – 18 maande.
Vertoner: Gerhard van Zyl
  • VBS 170001 word aangewys as die Reserwe Bulkalf Kampioen tydens die Bloemskou.
Awie Nel (Barnlab voedingsborg)
Vertoner: Gerhard van Zyl
  • Drie leerders van Blouskool neem deel aan die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe te George met drie van Bloues se Santa bulle en wen die Senior Vleisbees groepsklas.
Senior Vleisbees Groepsklas
Johan Visagie, Conrad Rossouw, Arno Swart

2019: Bloues gaan van krag tot krag en behaal die volgende prestasies:

  • VBS 170001 behaal ‘n 2de plek vir bulle 24 – 30 maande tydens die Bloemskou.
Vertoner: Gerhard van Zyl
  • Tydens die Alfa Expo wen ons die interras kompetisie vir ongewisselde verse met VBS 180003 asook die interras vir gewisselde vroulike diere met LL 140010.
VBS 180003
Vertoner: Johandré Brits
LL 140010
EP Nel (Landbou Fasiliteerder)
Vertoner: Arno Swart
Frikkie van Zyl (HOD Landbou)

2020:

Die jaar 2020 was vir ons almal ‘n groot teleurstelling en terugslag as gevolg van die Covid-19 pandemie. Alle skoue is gekanselleer en het Blouskool hom hoofsaaklik toegespits op akademie. Alfa Expo het virtueel plaasgevind en het Blouskool slegs deelgeneem aan die interras kompetisie vir gewisselde manlike diere met VBS 170001. Die opname van hoe ‘n bul vertoon moes word vir die virtuele kompetisie het by Blouskool plaasgevind met VBS 170001. Nodeloos om te sê dat VBS 170001 die interras kompetisie gewen het.

VBS 170001 (B-bul) word op die 3-in-1 Santa veiling verkoop vir R52 000.

Blouskool tree op as gasheer vir die Fase D groeitoets van die Kroon Santa Klub sedert 2019. VBS 180009 behaal ‘n algehele vierde plek tydens die Fase D groeitoets in 2020.

Kalf van SS 150033 wei op Nutrifeed

HUIDIGE AANTAL DIERE:

Projek diere = 6
Eie diere = 42

BEDANKINGS:

Ons opregte dank en waardering aan die volgende persone:

  • Herman Kleynhans
    Herman was reeds vir etlike jare betrokke by Blouskool nog voor die ontstaan van die Veeplaas skole-projek. Herman in samewerking met Johan Malan het vir verskeie jare ‘n inleidende beoordelingskursus vir ons kinders aangebied met sy diere. Herman het ook van sy bulle beskikbaar gestel wat ons gekruis het met ons Bonsmaras om ‘n beter speenkalf te kan bemark. Die rol wat Herman vervul in ons kudde in terme van insette, entoesiasme, toegewydheid en algemene bestuur is grootliks verantwoordelik vir die sukses van die kudde. Hy is verseker ‘n goeie ambassadeur vir die ras.
  • Dankie aan die raad en die genootskap wat ons altyd met ope arms ontvang en deel laat voel van die Santa familie. Dit is vir ons ‘n riem onder die hart.
  • Dankie aan elke teler wat op een of ander wyse betrokke was met skenkings of enige ander vorm van hulpverlening of bystand.

Dit is vir Blouskool ‘n voorreg en GROOT eer om met so ‘n unieke ras en genootskap geassosieer te word.

Ek sluit af met die volgende:

“So nodig soos wat brood is vir die lewe, so broodnodig is die Santa ras vir volhoubare vleisproduksie”.

PS. Namens die Santa genootskap wil ons net graag vir Frikkie van Zyl bedank vir al sy insette en die wyse hoe hy die kudde bestuur. Ons is trots om met julle geassosieer te word.

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *