VLEISSENTRAAL SA STAMBOEK ELITE 2021

Herman Kleynhans van Kleynhansvelde Stoet en eienaar van KVS180301

BULGROEITOETSKLAS

KVS180301

Die Kleynhansvelde Santa Gertrudis-stoet word op die plaas Verrassing naby Kroonstad geteel, waar die diere op die veld moet presteer. Op hul jaarlikse bulveiling word bulle aangebied wat gereed is om vir die kommersiële te gaan werk en waarde by ‘n kruisteel of suiwerrasstelsel te voeg. KVS180301 is ‘n breë, lang bul met goeie groei en vleiseienskappe.

Weens die afstel van Bloem skou, kon die diere nie in die gebruiklike interraskompetisie deelneem nie en is slegs ‘n virtuele prysuitdeling gehou. Hiermee die skakel vir die opname wat gemaak is van die virtuele funksie wat op 26 April 2021 plaasgevind het.

Teelwaardes van KVS180301

KVS180301 se groeitoets inligting.

Speengewig

(kg)

GDT VOV KLB Skrotumomtrek

(mm)

(g) (kg/kg) (kg/kg)
Eie 261 2121 20.56 285
Tydgenote 5 18 18
Indeks 105 119 109

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Met die winter skielik op ons, weet ons dat al die opwindende Santaveilings om die draai is. Sterkte aan elke verkoper wat nou besig is om diere voor te berei.

Die afgelope Vrydag het die Raad en kantoorbestuur ‘n 6-uur lange marathon-vergadering gehad. Van die besluite wat ons geneem het, is dat ons die jaar gaan fokus op goeie samewerking en positiwiteit tussen ons as telers en om klem te lê op die bemarking en goeie ras-eienskappe van die Santa. Ons beoog om kommersiële kopers die teikenmark te maak, om sodoende ‘n groter markaandeel vir die Santa-ras te bewerkstellig.

Kom ons ondersteun die jaar 2021 al die veilings, boeredae, slagoskompetisies, ens. met ‘n positiewe energie en uitkyk. Ons fokus moet wees op kwaliteit, meting en genetiese vordering om op internasionale vlak te bly meeding. Wêreldwyd is daar tans baie navraag vir Suid-Afrikaanse genetika, in die vorm van embrio’s of goeie bulsemen. 

U as teler of ondersteuner van die Santa-ras is ook baie welkom om in ons maandelikse nuusbrief te adverteer of net mooi foto’s aan te stuur. Enige insette sal baie waardeer word. Praatgerus met Martin (Rasbestuurder) of Susan by die Kantoor.

Kom ons bou die Santa-ras tesame.

Groete
Desmond Robertson