LandbouRadio: Onderhoud met Rael du Plessis

Luister na onderhoud hier:

 

 

Ongeveer 50 km vanaf die OR Thambo Lughawe, boer ‘n jong rooikop boeremeisie, op haar plaas Belview Estates, met Santa Gertrudis beeste. Rael du Plessis (14) is sedert 2014 ‘n Santa Gertrudis en  Appaloosa perde teler. (Rael se naam is afgelei van die woord Israel)

Die gesin woon in Nigel en haar daaglikse hoogtepunt is die besoek aan die plaas. Sy word groot in ‘n sterk onderwys en diereteelt milieu.

Pa, Francois is ‘n voormalige skoolhoof was vir 40 jaar ‘n stoetteler en het verskeie skou kampioene geteel en is ook ‘n beoordelaar van verskeie rasse. Ma, Belinda volg ‘n loopbaan in die onderwys en is veral bekend, vir haar werk met leerlinge wat dwelmverslawing, dissiplinêre, emosionele- en gedragsuitdagings ervaar. Belinda is die afgelope 42 jaar ‘n uitstekende perderuiter en het 18 jaar gelede tot perde stoetteling toegetree.

Rael se broer, Christiaan en sy vrou woon in Kanada, waar hy in die ingenieursbedryf en sy vrou in die onderwys betrokke is.

Rael is trots om ‘n boer te wees en leef hierdie passie met volle oorgawe uit. Met geleenthede wanneer sy met privaatklere skool mag bywoon is dit vanselfsprekend dat sy met trots haar Santa klere dra. Vir haar is boerdery nie net ‘n belangstelling nie, maar ‘n leefwyse. Rael word toegelaat om haar eie bestuurs- en finansiële besluite te neem.

Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *