Ek wil begin deur een en elkeen wat diere aangebied het op ‘n veiling in 2021 hartlik geluk wens. Ek dink dit is een van die jare wat onthou gaan word vir baie goeie veilings met ongelooflike gehalte diere wat duurgangs aangebied is. Ek wil die telers bedank wat diere onder die beskerming van die Genootskap op veilings verkoop het en soveel harde werk, tyd en geld investeer in die bedryf om van die Santas ‘n sukses te maak. Baie dankie daarvoor.
Ek wil graag ook al die kopers wat Santas gekoop het bedank vir julle ondersteuning en vertroue in die ras en glo dat julle nie teleurgestel gaan wees nie. Ons sien uit om julle volgende jaar weer te sien.
Ek wil net kortliks ‘n opsomming gee van die veilings in 2021:
Tabel 1: Opsomming van veilings van 2021.
In Tabel 1 kan dit duidelik gesien word dat die jaar baie positief was. Daar is in 2021, 128 meer diere verkoop as in 2020. Dit is duidelik dat daar ‘n positiewe groei in die prys van verse, koeie sowel as bulle. Die prys van bulle het met 14.7% (R8 685.24) per die dier gemiddeld gestyg.
Tabel 2: Vergelyking van 2018 – 2021.
Tabel 2 gee ‘n duidelike oorsig vanaf 2018 – 2021 wat in die verskillende jare plaasgevind het.
Weereens baie geluk aan al die verkopers sowel as kopers. Dit is werklik vir ons ‘n riem onder die hart om met julle geassosieer te word.
Groete
Martin van Rooyen
3,346 Responses