Daar is op 19 Januarie 2022 ‘n inligtingsdag aangebied vir 46 van die 3 de jaar Landbou studente op Potchefstroom. Die dag het afgeskop deur ‘n teoretiese sessie wat in een van die lesinglokale aangebied was. Die studente het baie belangstelling getoon en aktief deelgeneem deur vrae te vrae en in gesprek te tree.
Na die teoretiese lesings is die studente per bus na die plaas van Koos Harding. Daar is baie debat gevoer oor beesboerdery in die algemeen. Daar is ook gekyk na Santas waartydens dit weereens duidelik geword het hoe belangrik sulke dae vir die opkomende boere en leerlinge is, aangesien hulle nie almal bekend is met die ras en die voordele wat die ras vir enige kommersiële boerdery kan bring.
Daar is ook baie belangstelling van die Landboukollege af vir opvolg boeredae en dan ook opleidingskursusse.
Namens die Genootskap wil ons net graag vir Koos Harding bedank vir die beskikbaarstelling van sy fasiliteite en beeste, en ook vir al die moeite met die trekker en sleepwa wat gebruik is as vervoermiddel waar die bus nie kon ry nie weens al die reën.
3,417 Responses