Die Santas verwelkom ‘n nuwe lid

Die D.D Santa stoet van Danie Hills is geleë tussen Lichtenburg en Koster in die Noord-Wes provinsie, waar Danie Hills, sy twee seuns en dogter boer en ‘n Santa stoet bedryf. Dit is ‘n gemengde boerdery wat bestaan uit ‘n melkery, besproeiing, graanproduksie, voerkrale, kommersiële vleisbeesproduksie en die D.D Santa stoet. D.D Santa stoet droom […]